Jou Hand Vashou

Jou vingers gly deur tussen myne
Ons hand palms druk teen mekaar
Stywer en stywer, amper nie einde
Jou regter, my linker, bekende paar

Jou rug teen my bors, my wang teen jou wang
Sonondergang speel af voor ons oë
Tot by ons knieë het die see ons gevang
Hierdie oomblik wil ek nooit verloor

Bruin hare, blou oë, beste vriendin
Sagte hart, mooi gesig, my gunstelling lag
Kan jou alles vertel, van woord tot sin
Jou teenwoordigheid soek ek elke dag

Soos die maan om die aarde sirkuleer
En gravitasie alles balanseer
Is my liefde vir jou soos die maan
Aan jou gekoppel met ‘n wentelbaan

Ons vriendskap, ons liefde, is dit verby?
Na al die jare waar deur ons was?
Kans om jou so vas te hou, het ek nooit gekry
Wie weet, dalk word ons op’ n dag verras

Maar my hand is oop, oop en leeg
Ek verbeel myself hoe jou hand sou voel
Hoe dit sag, stadig my hand in beweeg
Maar dis net’ n droom, weggespoel

© LJ Swanepoel – 2017
20 Mar 2017 – Strand

Leave a comment

Website Powered by WordPress.com.

Up ↑

Lordess

Welcome to my world.

Whatusee Photography

whatusee determines your mood, inspires you, can haunt you for life, is who you become.

The Shooting Star

Slow, soulful, sustainable travel

JASDON IS OK

these ramblings of mine